YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 234 OF 364

Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? — Matteus 5:13-16

1. Jesus gebruik hier twee basiese metafore om ons rol in die wêreld te beskryf. Dink na oor wat elkeen van die metafore prakties van jou vra.

2. Hoe verskil ‘n voorbeeldige lewe van ‘n lewe waarin die wet nagekom word? Dink veral aan die Tien Gebooie.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou verlos het om voorbeeldig te lewe sodat mense dit kan sien en jou hemelse Vader daarvoor kan prys.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 5 met die tema: Jesus fokus op die stryd vir geregtigheid.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More