YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 229 OF 364

Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? — Efesiërs 5:1-14

1. God roep ons om Jesus se voorbeeld te volg. ‘n Lewe van liefde waarin daar geen sprake kan wees van allerlei sondes nie. Wat vra die Here van jou hiermee?

2. Paulus waarsku ons dat daar talle mense is wat verskonings soek vir hierdie sondes, maar dat God hulle sal straf. Ons mag nooit doen wat God verbied nie. Hoe dink jyself daaroor?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die verlossing wat Jesus vir jou gegee het en gee jouself opnuut vir sy heiliging in jou lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 5 met die tema: Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More