YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 199 OF 364

Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? — Jesaja 53:10-11

1. Dit is een van die helderste gedeeltes in die OT oor die betekenis van Jesus se versoening in die NT. Daar word wel nie van die kruis gepraat nie, maar van God se plan om die Messias se lewe te neem as ‘n skuldoffer. Daardeur kan God ‘n groot nageslag verlos, want die Messias dra al hulle sondes. Dink na oor die betekenis daarvan vir jou.

2. Dit is egter nie net die Messias se dood wat belangrik is nie. Ná sy bitter lyding sal hy weer lewe — in Nuwe Testamentiese taal “opstaan uit die dood” — sodat hy die lewe kan moontlik maak vir dié wie se skuld afgeskryf is. Wat beteken dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die lewe wat jy gekry het deur Jesus se kruisdood en opstanding.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jesaja 52:13-53:12 met die tema: Oor óns oortredings is Hy deurboor.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More