YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 198 OF 364

Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? — Hebreërs 10:19-22

1. Dit is nie genoeg om geloofsekerheid te hê nie, hoe belangrik dit ook al is by die begin van die pad met God. Geestelike groei kom wanneer ons vrymoedigheid voor God eksponensieel toeneem soos ons al hoe meer die voorreg om met Hom gemeenskap te hou, benut. Hoe ervaar jy dit op jou pad met die Here?

2. Die woord vrymoedigheid dra ook die betekenisse van moed, vertroue, reguit en openhartig (in Engels: courage, boldness, confidence, en frankness). Vrymoedigheid is só noodsaaklik in ons kontak en gesprek met God. Dit is net so noodsaaklik in ons omgang met mense. Hoe ervaar jy dit? Hoe kan dit by jou groei?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die vrymoedigheid wat jy voor die Here het om met enigiets na Hom te gaan.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Hebreërs 10 lees met die tema: Laat ons die heiligdom ingaan met vrymoedigheid.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More