YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 170 OF 364

Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? — Romeine 10:9-10

1. Die Bybeltekste dié week hou verband met die kern van die geloofsbelydenis van Nicea. Hierdie teks is van die tekste waarop dit gebaseer is. Hierdie teks uit Romeine 10 kom uit die hart van drie hoofstukke waar Paulus oor die uitverkiesing praat. Watter twee kernsake lig hy hier oor geloof en belydenis uit?

2. Hoe hou geloof en belydenis verband met die uitverkiesing?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God jou uitgekies het om in Hom te glo en sy Naam in hierdie wêreld te bely.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Romeine 9-11 lees met die tema: Die Jode se volle getal sal gelowig word.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More