KykNET Lent GidsSample

"Jesus sê toe vir haar: 'Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’”
Johannes 20:17.
Wat kan ek laat vaar? Om vas te klou, weerhou my daarvan om te begin met die treurproses, maar dit weerhou my ook daarvan om aan te hou beweeg sodat die hartseer deur my kan vloei. Ek kan byvoorbeeld vashou aan woede deur te blameer. Ek kan voel dis iemand of iets se skuld en ek wil hulle terugkry. Ek kan my keer tot selfverwyt — “As ek dit net nie gedoen het nie.”
Dit kan maniere wees om die hartseer te vermy. Dis goed wat ek moet laat vaar sodat ek kan rou. Jesus vra vir Maria in Johannes 20 om nie aan Hom vas te hou nie. Sy moet Jesus laat gaan. Die Jesus wat sy geken het. Sy moet haar "idee" van Jesus laat gaan.
As volgelinge van Jesus, kom hierdie uitnodiging kom op ons almal se paaie.
Wat is dit wat jy moet laat vaar om te kan rou?
Herhaalgebed:
Here, ek vra die genade van trane, om te treur oor my verliese
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

One Chapter a Day: Matthew

Walk With God: 3 Days of Pilgrimage

Psalms of Lament

Deeper in Worship

YES!!!

Spirit-Led Emotions: Mastering Emotions With Holy Spirit

I'm Just a Guy: Who Feels Alone

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Faith-Driven Impact Investor: What the Bible Says
