Spreuke – eenjaarleesplanSample

Die pa moedig sy seun in die tweede plek aan om nie borg te staan vir vreemdes nie, dit wil sê mense wat jy nie ken nie (Spreuke 11:15; 20:16). Trouens, dit geld borgskap vir enige skuld, veral as jy nie het om te betaal nie (Spreuke 22:26-27).
Dit gaan hier oor die mag wat ander dan oor jou kan uitoefen. Met vreemdes is dit boonop mense van wie se karakter en motiewe jy geen benul het nie. Die pa wil hê dat sy seun vry moet wees van verpligtinge wat moontlik vanweë ander se dwaasheid op hom gelê kan word.
En as dit wel gebeur het dat jy vir vreemdes borg gestaan het? Wel, doen alles in jou vermoë om daaruit los te kom! Soebat, pleit, selfs al kos dit jou ’n nag se slaaploosheid. Sorteer dit uit! Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens iemand anders iets kwytskeld of help met ’n geskenk nie. Maar, daarvoor geld ander reëls (Spreuke 3:27-28).
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Never Alone

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

Sharing Your Faith in the Workplace

The Holy Spirit: God Among Us

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen

The Bible in a Month

Positive and Encouraging Thoughts for Women: A 5-Day Devotional From K-LOVE
