YouVersion Logo
Search Icon

Kom, Here Jesus, KomSample

Kom, Here Jesus, Kom

DAY 2 OF 43

Memoriseervers:

Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees, en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig.

2 Tessalonisense 2:7-8

Uitdaging vir die week:

Ons weet Jesus kom terug! Alhoewel ons nie die presiese dag of tyd weet nie, weet ons dat elke dag wat aan ons gegee word, een dag nader aan sy wederkoms is. Hou hierdie waarheid hierdie week in gedagte en sit tyd opsy om te bid vir die redding van enige van jou ongeredde familie en vriende. Bid dat God jou in hul lewens sal gebruik om hulle te help om Hom deur jou te ervaar. Bid dat God hulle harte en verstand sal oopmaak vir sy reddende genade en vir hulle behoefte daaraan. Bid dat die Heilige Gees kragtig deur jou sal werk en dat hierdie vriende en familielede sal reageer op God se gratis gawe van verlossing.

About this Plan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.

More