Kom, Here Jesus, KomSample

Lees: Lukas 17:26–37
SOAP: Lukas 17:26–27
“Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis.”
Oordenking
Terwyl Noag besig was met die finale afwerking van die ark en die mense rondom hom gesien het hoe die diere twee-twee die ark binne gaan, het hulle lewens en harte nie verander nie. Hulle het voortgegaan met hulle sondige lewenswyse tot op die oomblik dat God die deur gesluit het. Noag se geslag was een van godsdienstige kompromis en morele agteruitgang. Ek is seker Noag se hart moes gebreek gewees het hieroor. Ek kan my nie indink wat hy en sy gesin gehoor het toe die vloedwater gekom het nie.
Soos ons in vandag se gedeelte gelees het, sal Christus se wederkoms skielik en angswekkend wees vir die ongelowiges. Soos in die dae van Noag sal mense steeds normaal leef, sonder om te besef dat hulle wêreld op die punt is om drasties te verander. Huwelike sal steeds plaasvind, geleenthede sal steeds vooruit beplan word en mense sal steeds eet en drink en die lewe geniet tot op die laaste normale minuut.
Hoe beïnvloed hierdie herinnering van hoe die wêreld in Noag se dae was ons vandag? Eerstens moet ons onthou dat dit nou die tyd is om te bid en te werk. Bid vir jou ongeredde vriende en familie, want wanneer Christus terugkeer, sal dit te laat wees. Dit is nou die tyd om besig te wees met die werk waartoe God ons geroep het (Handelinge 1:6–11) terwyl ons gretig wag op die wonderlike vervulling van sy beloofde wederkoms. Terwyl ons wag, moet ons nie soos die Fariseërs wees wat meer besorg was oor toekomstige gebeure en die wonderlike geleenthede wat Jesus hulle in die hede gegee het, gemis het nie. Nee, kom ons wag gretig op Christus se wederkoms terwyl ons met dringendheid voortgaan om die werk te doen wat Hy vandag vir ons voorberei het.
Gebed
Liewe Here, vandag staan ek stil en neem tyd om te bid vir my geliefdes wat U nie ken nie. Here, open asseblief hulle harte vir U. Ek bid vir redding vir almal in my lewe wat nog nie u gratis geskenk van verlossing aanvaar het nie. Here, gebruik my asseblief in hulle lewens om hulle te help om U beter te sien. My lewe behoort aan U, liewe Here. Gebruik my kragtig om meer mense te help om U as hulle Here en Verlosser te aanvaar terwyl ek daagliks bid, kom, Here Jesus, kom. Amen.
Scripture
About this Plan

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.
More
Related Plans

Rebuilt Faith

24 Days to Reflect on God's Heart for Redemption

30 Powerful Prayers for Your Child Every Day This School Year

Legacy Lessons W/Vance K. Jackson

Protocols, Postures and Power of Thanksgiving

Sharing Your Faith in the Workplace

God's Book: An Honest Look at the Bible's Toughest Topics

Game Changers: Devotions for Families Who Play Different (Age 8-12)

Awakening Faith: Hope From the Global Church
