YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Wapenrusting Van GodSample

Die Wapenrusting Van God

DAY 7 OF 8

DIE SWAARD VAN DIE WOORD Onthou julle die drie redes hoekom ons God se Wapenrusting moet aantrek? 1) IDENTITEIT: Wanneer ons dan in oorlog staan, staan ons in die outoriteit en identiteit van ons Koning, Jesus Christus. 2) SELFVERTROUE: Wanneer ons God se wapenrusting aantrek, dan ontwikkel ons moed en vrymoedigheid. 3) STANDVASTIGHEID: God wil sien dat Sy kinders opstaan en staande bly. Ons almal het al preke gehoor oor die Woord van God. Ons almal weet dat dit belangrik is om tyd deur te bring in die Woord van God. Die duiwel sal mense probeer mislei deur vir hulle die Woord van God voor te hou, maar hy kan net die letter voorhou en nie lewe gee aan die Woord nie. Het jy al gesien hoe mense die Bybel vat en misbruik vir hul eie gewin? Wanneer die Heilige Gees die Woord vir jou oopmaak, kry jy lewe daaruit. Die Heilige Gees het die skrywers van die Bybel geïnspireer om te skryf sodat ons vandag ‘n saamgestelde boek in ons hande kan hê en sien dat God ons liefhet. Die Bybel word ook baie kere beskryf as ‘n liefdesbrief aan die bruid van God. Die Woord van die Here is vandag vir my en vir jou die wapen wat ons nodig het om staande te bly. Ons moenie net die swaard opneem nie, ons moet in Hom geoefen wees. Ons moet die Heilige Gees vertrou om ons te lei in die Woord en om die Woord van God uit te leef. Wie van julle het al versies op mooi prentjies gekry? Dit laat ‘n mens goed voel. Soms is dit ‘n vers wat jou dag opkikker, en soms is dit iets wat jy net vinnig lees, maar nie eens oplet wat jy lees nie. Dit is goed en inspirerend, maar die Woord van God is meer as dit. Dit is lewend en verander lewens. Die Woord van God moet uitgeleef word. Soos ons die afgelope tyd vir mekaar sê, ons kan nie net die wapenrusting aantrek met woorde nie, maar met ons dade. Leef die Woord van God. As jou lewe nie verander word deur die Woord van God nie, is dit tyd om die Heilige Gees te vra om die Skrif vir jou oop te maak. Die swaard van God is sy Woord. Nie net die Bybel nie, maar elke woord wat Hy vir jou gee. Sy Woord gee vir ons die vermoë om deur elke storm te gaan en om die regte besluite te neem. Die eerste toneel wat ons sien waar die duiwel vir Jesus versoek, het Jesus die duiwel oorwin deur die Woord van God te gebruik. Die duiwel het die Bybel toe ook probeer aanhaal. Maar die Een wat die Woord is oorwin die duiwel in die woestyn met die Skrif. Bevind jy jouself in ‘n woestyn? Spreek die Woord van God met gesag oor jou storms. Daar is te veel soldate in die veld wat rondhardloop en hulle swaarde misbruik. Dis tyd om met die hulp van die Heilige Gees die Woord van God te leer ken. Nie net as letters in ons geheue nie, maar woorde wat in ons lewens uitgeleef word. Neem die swaard op en spreek lewe oor jou woestyn.
Day 6Day 8

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy