YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Wapenrusting Van GodSample

Die Wapenrusting Van God

DAY 2 OF 8

DIE GORDEL VAN WAARHEID Onthou julle die drie redes hoekom ons God se Wapenrusting moet aantrek? 1) IDENTITEIT: Wanneer ons dan in oorlog staan, staan ons in die outoriteit en identiteit van ons Koning, Jesus Christus. 2) SELFVERTROUE: Wanneer ons God se wapenrusting aantrek, dan ontwikkel ons moed en vrymoedigheid. 3) STANDVASTIGHEID: God wil sien dat Sy kinders opstaan en staande bly. Hierdie "gordel van waarheid" is nie net ‘n stukkie leer wat ons om ons lyf vasmaak om broeke op te hou nie. Maar die gordel van waarheid gee vir ons die vermoë om staande te bly. Die waarheid gee vir ons die moed om standpunt in te neem vir wat reg is. Die gordel van waarheid word baie keer so in die verbygaan genoem, net om deur die wapenrusting te kom. Die waarheid is wat ons vry maak. Die waarheid word nie net gedra nie, maar die Waarheid word GEKEN. KEN DIE WAARHEID EN DIE WAARHEID SAL JOU VRY MAAK. Ken jy die Waarheid? Waar begin ons om die waarheid te soek in ‘n wêreld wat vol leuens en misleiding is? Die waarheid word ontdek in die Woord van God. Die Woord van God is die waarheid. Die oorspronklike waarheid. Nie een of ander afgewaterde waarheid nie. Waarheid wat rein is en van God self kom. Nie een wat stertjies bygekry het of verbrokkel het nie. Die Woord van God is die anker wat ons tot waarheid het. Soos julle kan sien help dit nie ons trek die wapenrusting in ons gebede in die oggende aan, maar leef die res van die dag sonder waarheid nie. Waarheid is iets wat ons deur die dag moet beoefen. Matthew Henry verduidelik in sy kommentaar dat die gordel om al die ander kledingstukke gebind word en sodoende word alles deur die gordel bymekaar gehou. Alles in ons geestelike lewe word vasgehou deur die WAARHEID. En daarom word dit dan eerste genoem in die lys wat Paulus met ons deel. Die gedagte aan absolute waarheid is onafskeidbaar van die lewe van Jesus Christus en van die Bybel. Sonder die Bybel en Jesus in ons lewe, kan ons nie die waarheid uitleef nie. Waaroor gaan die waarheid hier? Gaan dit om die waarheid te vertel wanneer jy visgevang het? Gaan dit om die waarheid te vertel wanneer mense vir jou moeilike vrae vra? Die waarheid gaan oor die evangelie van Jesus Christus . Daar was baie mense wat met vervalsings oor Jesus en sy kruisdood gekom het, wat baie mense mislei het en sodoende, het baie mense Jesus nie meer gevolg nie. Ons moet STAANDE BLY deur die waarheid van die evangelie van Jesus Christus te verkondig. Die Heilige Gees help ons om die waarheid te identifiseer. Daar is baie stories daarbuite wat reg klink, maar misleidend is. Bou jou lewe op die waarheid wat die Woord van God ons leer. Wanneer ons dan die wapenrusting aantrek, moet WAARHEID deel wees van ons leefstyl, by die huis, by die werk en in die gemeenskap waar ons leef.
Day 1Day 3

About this Plan

Die Wapenrusting Van God

Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n p...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy