YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Wapenrusting Van GodSample

Die Wapenrusting Van God

DAY 4 OF 8

SKOENE VAN VREDE Onthou julle die drie redes hoekom ons God se Wapenrusting moet aantrek? 1) IDENTITEIT: Wanneer ons dan in oorlog staan, staan ons in die outoriteit en identiteit van ons Koning, Jesus Christus. 2) SELFVERTROUE: Wanneer ons God se wapenrusting aantrek, dan ontwikkel ons moed en vrymoedigheid. 3) STANDVASTIGHEID: God wil sien dat Sy kinders opstaan en staande bly. Vrede is nie sinoniem met oorlog nie. Daarom is hierdie vers so 'n bietjie buite die raamwerk van ‘n soldaat wanneer jy verwys na vrede. Maar die skoene is ‘n belangrike deel van elke soldaat se wapenrusting. Die skoene mag dalk na die minste lyk en is ook die vuilste deel, maar sonder die skoene sal die voete oop en blootgestel wees aan elemente wat die hele soldaat kan vermink. Skoene beskerm die soldaat se voete en gee vir hom die vrymoedigheid om op enige terrein te loop. Sonder skoene is ons versigtig, maar met skoene aan is ons braaf en vol moed. Ek hou dan van die manier hoe die Amplified Bybel die skoene van vrede vir ons beskryf. 1\. Firm-footed stability (Standvastigheid, vlugvoetig. Dit laat my dink aan die bokke wat so rats teen die kranse opklim) 2\. Promptness (Spoed, tydsberekening) 3\. Readiness (Gereedheid, entoesiasme) Hierdie eienskappe gee vir ons die vermoë om die evangelie van vrede te verkondig. Wanneer jy die evangelie van Jesus glo, ervaar jy vrede ten spyte van die storms. Met die skoene van vrede is ons altyd gereed en bereid om enige terrein binne te gaan waar die Heilige Gees ons heen lei. Daar waar ek en jy beweeg, moet ons die vrede van God uitleef sodat mense in hierdie besige en gejaagde lewe vrede kan ervaar om stil te kan raak en God se stem te hoor. Hierdie skoene van vrede kan ook vir ons help om seker te maak ons stap die regte pad. Om altyd bewus te wees van God se teenwoordigheid van vrede. Ons sê gereeld: " Ons ervaar nie vrede nie ", of " Ons het vrede oor hierdie besluit. " Waar ons ook al met ons voete trap, sal ons God se vrede ervaar wanneer ons vashou aan die evangelie van Jesus Christus. Die goeie nuus van Jesus. Wat is die goeie nuus? Dit is Jesus se koms (sy geboorte), sy kruisdood, sy opstanding en sy hemelvaart. Dit is die geskenk van die Heilige Gees. En dit is die geleentheid wat ons het om vergewe te word van sonde en om weer in 'n verhouding met God te staan. Dit is ook die nuus dat Jesus weer gaan kom. Mense het God nou meer nodig as ooit tevore. Kom ons wees die ambassadeurs wat ons moet wees. Manne en vroue van vrede.
Day 3Day 5

About this Plan

Die Wapenrusting Van God

Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n p...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy