YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Wapenrusting Van GodSample

Die Wapenrusting Van God

DAY 6 OF 8

DIE HELM VAN VERLOSSING Onthou julle die drie redes hoekom ons God se Wapenrusting moet aantrek? 1) IDENTITEIT: Wanneer ons dan in oorlog staan, staan ons in die outoriteit en identiteit van ons Koning, Jesus Christus. 2) SELFVERTROUE: Wanneer ons God se wapenrusting aantrek, dan ontwikkel ons moed en vrymoedigheid. 3) STANDVASTIGHEID: God wil sien dat Sy kinders opstaan en staande bly. Die verlossing wat ons in ons lewens ervaar, kom van die Here. God in al sy liefde het Jesus gestuur om ons te kom verlos van die dood. Verlossing is nie iets wat ons kan verrig nie. Verlossing is nie iets waarvoor ons kan werk nie. Verlossing is ‘n geskenk van God die Vader en dit kom net deur die boodskap van Jesus te glo. Ek het al gehoor hoe mense hulle getuienisse met ander deel en hoe dit oorkom dat hulle 'n besonder spesiale verlossing gehad het. Ek weet mense het wonderlike ervarings, daarmee stry ek glad nie. Ek het baie kere gedink toe ek jonger was dat ek “groot” sonde moet doen sodat ek ook ‘n "groot" getuienis kan hê om met ander te deel en ook kan lyk of die Here hard moes werk om my te red. Ek moes net aanvaar dat sonder Jesus kan ek nie die ewige lewe beërwe nie en moes ek net daar waar ek in my lewe was, Jesus se geskenk van verlossing aanvaar en my geloof in Hom plaas. Verlossing is vir almal, dit maak nie saak wie jy is nie. Verlossing breek die houvas van sonde en gee vir jou die geleentheid om vir ewig saam met God te kan leef. Dit begin alles met jou gedagtes. Die vyand wil ons daarvan weerhou om in God se verlossing vir ons te glo. Jy moet die stemme in jou gedagtes stilmaak deur hulle te herinner aan die feit dat die Here jou gered het. Ons almal streef na heiligmaking, maar om dit na te streef, moet jy glo dat God jou gered het en dat Hy jou sonde vergewe. Jou identiteit lê in die feit dat God jou verlos het. Dit is hoekom die vyand jou gedagtes aanval sodat jy twyfel in God se liefde vir jou en in die proses breek hy jou identiteit af. Beskerm jou gedagtes deur jouself te herinner aan die verlossing wat Jesus vir jou gegee het. Die helm van verlossing is nie net nog 'n kop-bedekking nie, dit is die vermoë om die vyand se gedagtes, en soms ons eie gedagtes, onder die gesag van die Woord van God te bring. Leef die verlossing wat God jou gee uit deur jou gedagtes te rig op sy Woord en wat Hy van jou verlang. (Rom 12:1-2)
Day 5Day 7

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy