YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

BibleProject | Advent OordenkingsSample

BibleProject | Advent Oordenkings

DAY 20 OF 28

Jesus sê vir sy volgelinge: “Wanneer mense julle verwerp of julle vervolg omdat julle My volg, wees verheug, wees baie bly, want julle beloning in die hemel is groot." Ons sien in Jesus se onderrig dat ware vreugde die moeilikste omstandighede kan oorleef, omdat dit nie van omstandighede afhang nie. Dit is eerder afhanklik van God en sy beloftes vir die ewige toekoms van sy volk. Lees: Matteus 5:11-12, Handelinge 13:50-52, Hebreërs 12:1-3 Reflekteer: Volgens hierdie gedeeltes, hoe kan vreugde volgehou word selfs in pynlike en dreigende omstandighede? Spandeer tyd om Hebreërs 12:1-3 te hersien. Jesus het baie pyn verduur, omdat Hy 'n groter vreugde na Sy lyding kon sien. In hierdie gedeelte word volgelinge van Jesus geroep om swaarkry te verduur met hul oog op Jesus; Hy word die vreugde wat hulle voorgehou word. Wat dink jy beteken dit prakties om "jou oë op Jesus gevestig te hou?" Verander jou refleksies in 'n gebed van jou hart aan God.
Day 19Day 21

About this Plan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflek...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy