YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

BibleProject | Advent OordenkingsSample

BibleProject | Advent Oordenkings

DAY 25 OF 28

Die God van die Bybel wys nie net liefde nie, Hy is liefde. As 'n drie-enige God, Vader, Seun en Gees wás Hy altyd en sal Hy altyd 'n ander - gesentreerde, self-opofferende, gemeenskapswese wees. Liefde is nie net een van Sy eienskappe nie.  Liefde is die aard van wie Hy is. Jesus die Seun, beliggaam die liefde van God en demonstreer dit die duidelikste wanneer Hy sy lewe namens die mensdom gee. Wanneer mense leer om Jesus se liefde vir hulle te vertrou, sluit hulle aan by God se gemeenskap van liefde, en hulle ware natuur word getransformeer om ander mét Hom lief te hê. Lees: 1 Johannes 4:8, 1 Johannes 4:16, 1 Johannes 3:16, Johannes 15:9-13 Reflekteer: Hersien 1 Johannes 4:16. Het jy geleer om te vertrou dat God jou regtig liefhet? Indien so, beskryf jou ervaring van hoe jy sy liefde ontvang het. Wat het in jou lewe verander vandat jy begin het om ten volle te vertrou dat God jou liefhet? Hoe kan jy vandag sy liefde met iemand deel? Indien nie, beskryf hoe jy gesukkel het om God se liefde vir jou te ontvang. Wat dink jy sal in jou lewe verander as jy ten volle vertrou dat God jou liefhet? Hersien Johannes 15:9. Hoe lief dink jy is God vir Jesus? Dink na oor die idee dat Jesus jou net so baie liefhet. Watter vrae, gedagtes of gevoelens kom na vore wanneer jy hieroor nadink? Jesus het Sy liefde vergelyk met 'n plek waar jy kan lewe of bly. Om werklik êrens te lewe moet jy eers intrek, uitpak, die spasie leer ken en dan leer hoe om gemaklik daarin te lewe. Wat anders doen jy wanneer jy iewers woon? Hoe kan dit vergelyk word met hoe dit is om in Jesus se liefde vir jou te vertrou? Laat jou lees en nadenke 'n gebed voortbring. Praat met God oor hoe sy liefde jou verstom, wees eerlik oor hoe jy sukkel om dit te ontvang en vra vir wat jy benodig om vandag sy liefde vir jou te vertrou.
Day 24Day 26

About this Plan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflek...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy