YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

BibleProject | Advent OordenkingsSample

BibleProject | Advent Oordenkings

DAY 21 OF 28

Bybelse vreugde is 'n innige besluit van geloof en hoop in die mag van Jesus se eie lewe en liefde. Wanneer jy glo dat Jesus se liefde die dood self oorwin het, word vreugde selfs in die donkerste omstandighede nie meer so vreemd nie. Dit beteken nie dat jy hartseer moet ignoreer of onderdruk nie. Dis nie gesond of nodig nie. Paulus het dikwels sy hartseer uitgespreek oor verlange na geliefdes of sy eie vryheid. Hy het dit genoem: "om vol hartseer en tog vol blydskap te wees." Terwyl hy sy pyn erken het, het hy ook 'n keuse gemaak om Jesus te vertrou dat sy verlies nie die laaste woord sou hê nie. Lees: 2 Korintiërs 6:10 Reflekteer: Kan jy 'n tyd in jou lewe onthou toe jy vol hartseer was, maar nog steeds ten volle kon juig? Indien so, hoe sou jy daardie ondervinding beskryf? Neem nou 'n oomblik om tot God te bid. Bedank Hom vir sy vreugde wat die felste pyn kan oorleef. Nooi Hom om jou te leer hoe jy te midde van lyding steeds kan juig.  Wees eerlik met Hom oor waarmee jy stoei en vra Hom vir wat jy nodig het.
Day 20Day 22

About this Plan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflek...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy