YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir Elke MôreSample

Hoop Vir Elke Môre

DAY 8 OF 10

Wat is ’n huis? ’n Huis is ’n veilige skuilplek teen wind en weer. Kaste en rakke gee vir ons plek om ons besittings te bêre. Baddens en storte hou ons skoon en vertrekke met banke en tafels en stoele, beddens en gordyne skep vir ons ruimtes om gesellig saam te wees, te eet en te rus ná ’n dag se werk. God het gesinne geskep en Hy gee vir hulle huise om in te woon. Hy wil hê elke huis moet soos ’n pragtige paleis wees, vol skatte wat nooit vergaan nie. Elke waarheid in God se Woord is soos ’n kosbare baksteen in die fondament van ’n huis. Hy gee vir ons wysheid sodat ons reg van verkeerd sal kan onderskei. Sy Gees vul ons met liefde sodat ons vir mekaar kan omgee. Kennis van Jesus leer ons om te vergewe en Hom te dien. Omdat ons weet ons het ’n toekoms in die hemel is ons huise gevul met kosbare hoop en hemelse vrede. Ja, ons kan hard werk om ons huis vol te dra met nog meubels, mooier klere en die nuutste tegnologie. ’n Binneversierder kan al ons vertrekke stileer om die jongste modes te weerspieël. Tog sal al ons besittings uiteindelik vergaan. Kom ons bou eerder ons huis op die wysheid en waarheid in die Bybel. Hoe beter ons God leer ken en hoe liewer ons Hom het, hoe meer sal ons huis van sy skatte skitter. Sy liefde sal hierdie vertrekke én ons harte vir ewig vul. Here, laat ons asseblief ons huis op u wysheid bou. Maak dit vol met die kosbare skat van u liefde. Amen
Day 7Day 9

About this Plan

Hoop Vir Elke Môre

Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy