YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir Elke MôreSample

Hoop Vir Elke Môre

DAY 4 OF 10

Lewende water Elke lewende organisme op aarde het water nodig om te oorleef. Jy het al self gesien hoe blomme verwelk en gras verdor as dit nie reën nie. Ons liggame bestaan uit 75% water – en ons sal net ’n paar dae aan die lewe kan bly sonder water om te drink. Jy weet hoe dors jy is as jy lank buite was op ’n warm dag. As ’n mens nie genoeg water drink nie, voel jy maklik siek en tam. God het die aarde só geskep en ontwerp dat elke plant, dier en mens water nodig het om te lewe. Die glase water wat ons drink, les ons dors net vir ’n rukkie. Tog bied Hy vir ons ’n ander soort “water” aan wat sal keer dat ons ooit weer “dors” sal word. Wanneer ons Jesus as Verlosser aanvaar, ontvang ons die Heilige Gees. Die Gees is soos “riviere lewende water” wat in ons binneste vloei (Johannes 7:38). Hy les ons dors na God eens en vir altyd. Ons “drink” uit ’n nimmereindigende bron van hoop en vreugde in die wete dat ons vir ewig en altyd deel sal wees van God se gesin. Here, ons harte is vandag dors vir meer van U. Ons soek die lewende water wat Jesus belowe het ons sal ontvang wanneer ons in Hom glo. Maak ons asseblief vol met u Gees. Amen

Scripture

Day 3Day 5

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy