YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir Elke MôreSample

Hoop Vir Elke Môre

DAY 6 OF 10

In alle omstandighede dankbaar As ons moes probeer om al die maniere waarop die Here vir ons sorg neer te skryf, sou ons papier en ink opraak! Ons kos en klere, ons warm beddens en gesellige huis is alles geskenke uit sy hand. Hy gee vir ons vriende en familie wat ons liefhet. Hy gee vir ons berge en strande en woude en velde om te verken. Hy gee vir ons drome en doelwitte en die energie om dit na te jaag. In Hom is daar niks wat ons ontbreek nie, en loop ons bekers oor (Psalm 23:1, 5). Die Here hou nooit op om ons lief te hê en ons te seën nie, en daarom behoort ons aanhoudend vir Hom dankie te sê. Wanneer ons soggens opstaan, kan ons Hom loof vir ’n nuwe dag. Wanneer ons saam eet, kan ons dankie sê vir ons kos. Wanneer ons werk en leer en aan sport deelneem, kan ons daaraan dink dat Hy vir ons ons talent en vaardigheid en energie gegee het. Selfs wanneer ons siek of hartseer is, kan ons Hom loof omdat Hy ons nooit alleen los nie. Deur heeldag te bid en vir die Here dankie te sê, hou ons naby aan Hom. Dit help ons om die Here se hand in elke aspek van ons lewe raak te sien. Ons groei in ons liefde. Vreugde, vrede en hoop vul ons gedagtes. Ons vertrou Hom meer en meer – en ons vermoë om ander mense van ons goeie Vader te vertel, word by die dag sterker. Here, vul ons asseblief elke oomblik met lof en dankbaarheid. Amen
Day 5Day 7

About this Plan

Hoop Vir Elke Môre

Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy