YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir Elke MôreSample

Hoop Vir Elke Môre

DAY 1 OF 10

God is getrou! Waarvoor hoop jy op die oomblik? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Wie sou jy graag wou ontmoet of beter wou leer ken? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Die maande wat voorlê, is vol moontlikhede! Maar ook al weet ons dat daar goeie dinge vir ons wag, weet ons óók dat ons voor uitdagings te staan sal kom. Ons sal siek of moeg word. Goed wat vir ons kosbaar is, sal wegraak of breek. Daar sal besige dae wees wat ons oorweldig en gespanne laat voel. Ons sal stoei met ons eie beperkings. Ons weet nie watter moeilikheid in die toekoms vir ons wag nie. Wat ons wél weet, is dat die Here getrou is. Hy hou oor elke oomblik van ons lewens wag (Psalm 121:8). Hy weet presies wat ons nodig het en voorsien in ons behoeftes (Matteus 6:32). Hy luister na elke gebed, na elke hulpkreet en uitroep om troos. Ongeag waar ons gaan en wat ons doen – ons is veilig in sy liefde. Niks wat ons doen, kan verander hoe getrou die Here is nie. As ons sondig en terugdraai na Hom, vergewe Hy. As ons misluk, tel Hy ons weer op. As ons wegdwaal, soek Hy ons tot Hy ons weer vind. “As ons ontrou is – Hy bly getrou, want Hy kan Homself nie ontken nie” (2 Timoteus 2:13). Kom ons begin leef in hoop. Ons God is getrou – van nou af tot in ewigheid. Here, ons vertrou U met ons hele lewe. U liefde is nimmereindigend! Amen

Scripture

Day 2

About this Plan

Hoop Vir Elke Môre

Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy