In Die BeginSample

Lees: Genesis 4:17–26; Psalm 150
SOAP: Psalm 150:1–6
"Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf!"
"Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! Laat alles wat asemhaal, die Here prys! Prys die Here!"
Oordenking
Nadat die skrywer van Genesis die verhaal van Kain en Abel vertel het, skryf hy 'n paar hoofstukke oor die familiegeskiedenis. Alhoewel hierdie geslagsregisters slegs enkele besonderhede bevat, vertel die manier waarop dit geskryf en saamgestel is, belangrike waarhede en beginsels vir 'n lewe saam met God.
Die nakomelinge van Kain was soos hul stamvader. Kain se sondige keuses het sy nageslag vir baie geslagte beïnvloed. Hulle het God geminag deur met verskeie vroue te trou, sukses en roem te soek en selfs moord te pleeg. Kain se geslagsregister verwys ook na die eerste stede en kulture, asook die eerste musikante en vakmanne.
Set se nakomelinge toon 'n direkte kontras met Kain s'n. Soos ons in latere hoofstukke sal sien, het baie van Set se nageslag God gevrees en aanbid. Ons sien ook die eerste verwysing dat mense die Naam van God aangeroep en Hom aanbid het.
Ongeag van die kultuur is waarin ons verkeer, ongeag ons omstandighede, ons suksesse, ons status of ons talente, om God te aanbid is wat lewend maak. Terwyl Kain se nageslag baie belangrike dinge gedoen het, was hulle ver van God af. Hulle het selfverryking nagejaag in plaas daarvan om die Naam van God te verheerlik. As ons nie aanbidding en kennis van God in ons lewens, ons gesinne, ons kulture en ons nasies behou nie, sal ons ook in sonde en vernietiging verval soos Kain se nageslag. Mag ons eerder mense wees wat die Naam van die Here aanroep, wat Hom aanbid en sy naam verkondig waar ons ook al is.
Laat alles wat asem het, die Here loof!
Gebed
Here God, U alleen verdien om aanbid te word. U alleen is waardig. U onoortreflike grootheid is meer as enigiets op aarde. Help my om U te prys ongeag my omstandighede. Help my om my van sonde weg te keer en U te aanbid. Amen.
Scripture
About this Plan

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Related Plans

Filled, Flourishing and Forward

Engaging in God’s Heart for the Nations: 30-Day Devotional

All That Glitters: What the Bible Teaches Us About Avoiding Financial Traps

Small Yes, Big Miracles: What the Story of the World's Most Downloaded Bible App Teaches Us

No More Mr. Nice Guy: Saying Goodbye to Doormat Christianity

____ for Christ - Salvation for All

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing

THE BRAIN THAT SEEKS GOD: Neuroscience and Faith in Search of the Infinite

EquipHer Vol. 26: "How to Break the Cycle of Self-Sabotage"
