In Die BeginSample

Lees: Genesis 6:1–8; Romeine 3:21–26
SOAP: Romeine 3:23–24
"Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."
Oordenking
Nie alle evangeliese geleerdes stem saam oor die betekenis van Genesis 6:1-4 nie. Een moontlike verduideliking sê dat die seuns van God die nageslag van Set was en die dogters van die mens afstammelinge van Kain. Kain se goddelose nageslag het Set se nageslag, wat aan God toegewy was, verlei tot sonde. 'n Ander verklaring is dat die seuns van God gevalle engele was wat hul posisie in die hemel verloor het en dat die dogters van die mens vroue was by wie hulle geslaap het.
Alhoewel ons nie sekerheid het oor die betekenis van hierdie verse nie, is dit duidelik dat die harte van mense sleg geword het. Goddeloosheid was aan die orde en almal se gedagtes was boos. Die Here was bedroef en het selfs spyt gevoel dat Hy mense geskep het.
Maar God was genadig. Selfs te midde van hulle goddeloosheid en van 'n afskuwelike oortreding teen Hom, het God verlossing gebied. Noag het guns gevind in die oë van God, nie deur enigiets wat hy gedoen het nie, maar deur God se genade alleen. God het aan die mensdom genade betoon deur Noag se familie te gebruik om die menslike geslag te laat voortleef.
Die mensdom is steeds goddeloos en sondig. Ons is uit 'n sondige natuur gebore en dwaal steeds weg van God af. Ons almal skiet tekort aan sy heerlikheid en geregtigheid. Ten spyte daarvan, maak God ons regverdig. God is ryk aan barmhartigheid, vol liefde en medelye. Hy verbyster ons met sy genade deur 'n verlosser, Jesus Christus, te stuur. Ons het almal gesondig en nie aan sy voorskrifte voldoen nie, maar deur sy genade alleen word ons geregverdig en verlos.
Gebed
Here God, ek het ontsag vir u genade. Ek verdien nie u ongelooflike liefde en medelye nie. Ek verdien nie u genade en u verlossing nie. Ek loof U vir u goedheid en vergifnis. In die Naam van Jesus. Amen.
Scripture
About this Plan

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Related Plans

Hard Fought Hallelujah: A 7-Day Study to Finding Faith in the Fight

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

Hear

The Wonder of Grace | Devotional for Adults

Filled, Flourishing and Forward

The Otherness of God

Talking to God: A Guilt Free Guide to Prayer

Building Multicultural Churches

Trusting God in the Unexpected
