In Die BeginSample

Lees: Genesis 5:1–32; Psalm 39:5-7
SOAP: Genesis 5:24
"Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem."
Oordenking
Die familieregister van Adam, spesifiek Set s'n, vertoon die realiteite van lewe en dood. Van al die name op hierdie lys is Henog die enigste wie se verhouding met God genoem word. Daar word nie veel gesê nie, net dat Henog naby God geleef het. Daar word nie uitgebrei vir hoe lank of op watter wyses Henog naby God geleef het nie. Maar Henog se lewe het drasties verskil van enigiemand anders op aarde. Henog het nie tot sterwe gekom nie, God het hom weggeneem.
Henog se lewe staan in kontras met die ander nakomelinge wat in Set se nageslag asook in dié van Kain genoem word. Anders as Kain se nageslag, het Henog naby God geleef. In plaas daarvan om rykdom en status na te streef soos Kain se nageslag, het hy die Here opgesoek. Hy staan ook uit bo die nageslag van Set vanweë sy toewyding aan God.
Genesis 5 konfronteer ons met ons eie sterflikheid. Alhoewel die mense wat in hierdie teks genoem word, baie langer geleef het as wat ons vandag doen, het hulle almal uiteindelik gesterf. Dit maak nie saak hoe lank en vervuld hulle lewens was nie, hulle moes steeds die dood in die gesig staar. Behalwe een. Henog se lewe staan uit omdat Hy naby God geleef het. Die skrywer van Genesis gebruik die voorbeeld van Henog se lewe om ons te vertel dat die ewige lewe slegs deur 'n verhouding met God bekom kan word.
As ons 'n goeie begrip van ons sterflikheid het, stel dit ons in staat om te sien wat wel in die lewe saak maak. God se Woord en die siel van die mens is die enigste dinge wat tot in ewigheid sal duur. Ons tyd op aarde is kort, maar dit kan gekenmerk word aan 'n lewe van aanbidding en toewyding aan God.
Gebed
Here, help my om my sterflikheid te verstaan. My lewe is net 'n knipoog vanuit u perspektief. Help my om aan U getrou te bly terwyl ek my lewe lei. Ek wil naby U leef soos Henog gedoen het. Wys my wat dit beteken om elke dag my hart en lewe aan U toe te wy. Amen.
Scripture
About this Plan

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Related Plans

Hard Fought Hallelujah: A 7-Day Study to Finding Faith in the Fight

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

Hear

The Wonder of Grace | Devotional for Adults

Filled, Flourishing and Forward

The Otherness of God

Talking to God: A Guilt Free Guide to Prayer

Building Multicultural Churches

Trusting God in the Unexpected
