YouVersion Logo
Search Icon

In Die BeginSample

In Die Begin

DAY 19 OF 43

Lees: Genesis 3:8–19; Romeine 5:20–21

SOAP: Romeine 5:20–21

"Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword. Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here."


Oordenking

Die man en die vrou het van die boom in die tuin geëet. Hulle is vanweë hulle sonde van God geskei. Hulle was dadelik bewus van hul naaktheid en het in skaamte weggekruip. Die verhouding tussen God en die mens het verander. Die man en die vrou kon nie meer in die teenwoordigheid van God wees nie, omdat hulle gesondig het. 

Terwyl die man en vrou albei gesondig het, het elkeen probeer om die skuld op die ander te plaas. Die man het probeer om die skuld op die vrou te plaas. Die vrou het weer die skuld op die slang probeer afskuif. Die werklikheid was dat hulle albei gesondig het. Hulle was albei ewe verantwoordelik vir hul optrede en hulle is albei gestraf. 

Maar, selfs toe God die straf wat hulle sou ontvang, aan hulle verduidelik het, het God belowe om die man en die vrou weer in 'n regte verhouding met Hom te bring. God het belowe, al sou die slang en sy nageslag die vrou en haar nageslag probeer aanval, sou hy misluk. God het belowe dat die nageslag van die vrou (wat uiteindelik Jesus is) die kop van die slang sou verpletter. 

Selfs te midde van die straf, het God verlossing belowe. Met elke opdrag wat God aan sy volk gegee het, het hulle sonde toegeneem. Maar soos die sonde toegeneem het, het die genade des te meer geword. God het verlossing beplan nog voor ons oortree het. Genade heers te midde van al ons foute, selfs dié wat blyk buite verlossing te wees. Genade heers deur die geregtigheid van Jesus Christus. God het die verlossing van die mensdom beplan nog voordat ons begin sondig het. God stort sy genade oor ons uit, selfs nou, ongeag ons sonde. Loof Hom! 


Gebed

Here God, U alleen is goed. Ek voel so klein dat U my verlossing beplan het, selfs nog voordat ek gesondig het. U stort u genade elke dag uit oor my. U alleen is waardig om geprys te word. Laat my lewe 'n weerspieëling van u genade en verlossing wees. Amen.

About this Plan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More