OpgestaanSample

Lees: Lukas 24:13-27; Romeine 15:5-7
SOAP: Romeine 15:5-7
Die opstanding verander ons sosiaal. In sy dood het Jesus die hindernisse wat tussen ons bestaan, vernietig. In sy opstanding het Hy ons almal sy kinders gemaak, sodat ons as een liggaam verenig kon word. As ons mekaar verwelkom en aanvaar, stel ons Christus se liefde aan die wêreld ten toon.
As een liggaam leef ons saam, is ons mededeelsaam en voorsien ons in mekaar se behoeftes. As een gemeenskap groei en bemoedig en moedig ons mekaar aan om met Hom te wandel. Met een stem verheerlik en vereer ons God en verkondig sy waarheid aan die wêreld.
Wanneer ons in Christus is, is ons sosiale status nie van belang nie. Ons is ‘n gewaardeerde lid van die gemeenskap en familie van God. Die nuwe lewe wat ons in Christus het, verander nie net ons toekoms in die ewigheid nie, maar ook ons lewens hier op aarde.
Vader God, dankie dat U my in die familie van God verwelkom het. Help my om in gemeenskap met ander gelowiges te leef. Help ons om eensgesind saam te groei, mekaar aan te moedig en die evangelie aan die wêreld te verkondig. Amen.
Scripture
About this Plan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.
More
Related Plans

The Making of a Biblical Leader: 10 Principles for Leading Others Well

Live Like Devotional Series for Young People: Daniel

How Stuff Works: Prayer

The Way of St James (Camino De Santiago)

Journey Through Jeremiah & Lamentations

Here Am I: Send Me!

Journey Through Proverbs, Ecclesiastes & Job

Sickness Can Draw You and Others Closer to God, if You Let It – Here’s How

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer
