OpgestaanSample

Lees: Handelinge 1:4-14; Johannes 17:20-23
SOAP: Johannes 17:22-23
Die opstanding van Jesus het alles verander. Dit het ons sosiaal verander en het ons in staat gestel om met ander gelowiges in Christus verenig te wees. Die eenheid wat ons met ander gelowiges het, dien egter ‘n groter doel as om bloot vir ons saamhorigheid of bemoediging of voorsiening te bied.
Die eenheid van gelowiges dien as ‘n getuienis aan die wêreld van die drie-enige aard van God en die eenheid wat daar tussen God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees bestaan. Die eenheid van gelowiges is ook ‘n getuienis van God se liefde vir die wêreld. Deur die liggaam van Christus word die aard en karakter van God, sy liefde vir Jesus en vir sy mense, en die heerlikheid van die Vader vir die wêreld sigbaar.
Dieselfde heerlikheid wat aan Jesus toegeken is, is aan alle gelowiges in die kerk gegee. Wanneer ons in eenheid saamleef, vertoon ons die heerlikheid van God, die aard van die Drie-eenheid en liefde wat God vir die wêreld het.
Vader God, ek loof U vir die manier waarop U Uself deur Jesus aan die wêreld openbaar het. Dankie dat U u aard en u liefde deur Jesus vir ons toon. Help my om in eenheid met ander gelowiges te leef sodat ons u liefde vir die wêreld kan uitstraal. Amen.
Scripture
About this Plan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.
More
Related Plans

Legacy Lessons W/Vance K. Jackson

Awakening Faith: Hope From the Global Church

Game Changers: Devotions for Families Who Play Different (Age 8-12)

24 Days to Reflect on God's Heart for Redemption

God's Book: An Honest Look at the Bible's Toughest Topics

30 Powerful Prayers for Your Child Every Day This School Year

Protocols, Postures and Power of Thanksgiving

Sharing Your Faith in the Workplace

Rebuilt Faith
