Nader tot GodSample


Lees: Efesiërs 6:14-18, Psalm 33:4
SOAP: Efesiërs 6:14-18
God se woord is nodig om die planne van Satan te beveg. Ons kry vandag opnuut weer Paulus se instruksies om onsself met 'n geestelike wapenrusting te beskerm. Hy het hierdie beeldspraak waarskynlik gebruik om die beskerming van God te beskryf, omdat gepantserde Romeinse soldate algemeen in die Romeinse Ryk was.
Die swaard wat deur die Romeinse soldate gedra is, was kort en tweesnydend. Soldate het dit gebruik om te steek en te sny tydens man-tot-man gevegte. Volgens Paulus se beskrywing was dit die soldaat se enigste aanvalswapen. Die oorspronklike Grieks hier vir “woord” (rhema) verwys eerder na die gesproke woord van God, as na die geskrewe Woord (logos). Die vers verwys na die woorde in die Skrif wat ons gebruik om versoekings teen te staan. As ons God se woorde spreek, is daar krag. Die Heilige Gees gee ons die woord en bemagtig dit ook soos ons dit gebruik.
Here, dankie dat u woord krag het. Dankie vir u Heilige Gees wat ons herinner aan alles wat Jesus vir ons gesê het en ons op die regte tyd aan die waarheid herinner om die leuens van die vyand te beveg. Help ons om u woord in ons harte te bewaar en om die krag wat in ons lê, te onthou. Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

Go and Tell: Sharing Your Testimony

Ruins to Royalty

Deeper Waters: Trusting God When It Doesn’t Make Sense

Overcoming Trauma

Ecclesiastes // Chasing Meaning

The Bible With Nicky and Pippa Gumbel, Youth Version 2026

Finding God in the Midst of Pain

When the Presence Lifts - Seeking God for Freshness

Sitting, Serving, Scheming (S4-E5)
