Nader tot GodSample


Lees: Psalm 119:105, 1 Petrus 1:22-23
SOAP: 1 Petrus 1:22-23
Die woord van God en die Gees van God is noodsaaklik om ons sondige harte aan die lig te bring en om ons tot bekering te lei. Sonder die lig van God se woord kan ons duistere harte nie reageer op ons behoefte aan ‘n redder nie.
Op grond van hulle redding wat deur die werk van die Gees in hulle lewens en die ewige woord van God bewerkstellig is, moedig Petrus sy lesers aan dat hulle “mekaar van harte en vurig liefhê”. Dit is nie maklik om ander sondaars lief te hê nie. Wanneer ons ons eie verdorwenheid onthou, tesame met God se goedhartigheid teenoor ons, om aan ons die perfekte offer te gee, kan dit makliker wees om dieselfde vergifnis en genade aan ander te verleen.
Dit was die Gees wat in ons gewerk het wat ons tot bekering gelei het. Dieselfde Gees is die Een wat vir ons die krag en vermoë gee om vir ander op ‘n behoorlike wyse lief te hê. Ons hoef nie vir mekaar lief te wees asof ons familie is nie. Ons kan vir mekaar lief wees omdat ons familie is!
Dankie Here, dat u woord lewend en ewig is! Deur u woord het U ons vanuit die koninkryk van duisternis tot in u wonderlike lig gebring. Help ons om mekaar innig lief te hê, want in U is ons waarlik familie. Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

Go and Tell: Sharing Your Testimony

Ruins to Royalty

Deeper Waters: Trusting God When It Doesn’t Make Sense

Overcoming Trauma

Ecclesiastes // Chasing Meaning

The Bible With Nicky and Pippa Gumbel, Youth Version 2026

Finding God in the Midst of Pain

When the Presence Lifts - Seeking God for Freshness

Sitting, Serving, Scheming (S4-E5)
