Nader tot GodSample


Lees: Psalm 19:13-14, Psalm 1:1-2
SOAP: Psalm 19:13-14
Dawid se vraag het ‘n voor-die-hand-liggende antwoord. Hierdie verse dien ook as ‘n aansporing om God se gebooie te koester sowel as te gehoorsaam, sodat ons nie sonder hoop gelaat word nie. Dit is nie onmoontlik vir ons om vas te stel waar ons gefouteer het nie, maar vir hierdie doeleinde benodig ons lig. God se woord kan lig werp op verborge foute en kan ons ook waarsku teen dít wat God verafsku, ten einde ons in staat te stel om hierdie ootredinge te bely en te vermy.
Daar word geglo dat Dawid Psalm 19 naby aan die einde van sy lewe geskryf het. Hy was ‘n man wat sy eie sonde en verdorwenheid geken het. Ondanks sy dwalende hart en sonde met Batseba, Uría, en sy militêre manskappe, het God Dawid ‘n man na Sy eie hart genoem. ‘n Persoon na God se hart is nie ‘n volmaakte persoon nie, maar ‘n persoon wat hulle sonde sien vir wat dit is en wat dit bely.
Here, dankie vir u woord wat ons op die regte pad kan hou. Help ons om in die lig van u woord en aanspreeklikheid van die Christelike gemeenskap te lewe. Wanneer ons sondig, help ons om dit vinnig te bely, sodat ons lewens ‘n getuienis van u getrouheid kan wees. Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

Go and Tell: Sharing Your Testimony

Ruins to Royalty

Deeper Waters: Trusting God When It Doesn’t Make Sense

Overcoming Trauma

Ecclesiastes // Chasing Meaning

The Bible With Nicky and Pippa Gumbel, Youth Version 2026

Finding God in the Midst of Pain

When the Presence Lifts - Seeking God for Freshness

Sitting, Serving, Scheming (S4-E5)
