Nader tot GodSample

Lees: Psalm 119:17-19, Lukas 11:28
SOAP: Psalm 119:17-18
Behalwe dat Psalm 119 'n literêre meesterstuk en 'n pragtige kunswerk is, is dit ook bekend vir die onderrig van God se wet. Die prag van hierdie psalm lê egter nie net daarin om ons aan te moedig om toegewyd te wees aan die gebooie van God nie, maar ook in die psalmdigter se voorbeeld van volledige toewyding aan die Here. Ons kan in byna elke vers 'n verwysing na God se woord vind.
In hierdie verse word ons daaraan herinner dat ons die woord nodig het, omdat ons God se dienaars is. In sy woord gee ons meester vir ons aanwysings vir die werk wat Hy wil hê ons moet doen. Ons is nie net dienaars nie, maar ook leerlinge. Ons basiese handleiding is die woord van God. Ons het God desperaat nodig om ons oë oop te maak, sodat ons die wonderlike dinge wat in sy woord verborge is, kan sien.
Here, dankie dat u woord mooi is. Help ons om aanhoudend u instruksies en leiding vir ons lewens te soek. Ons is u dienaars en lewenslange leerlinge. Help ons om nie ons oë gevestig te hou op die dinge van hierdie wêreld nie, maar op die glorieryke wonders in u woord. Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

Permission Granted

Bible Starter Kit

Judge Not: Moving From Condemnation to Mercy

After the Cross

I Almost Committed Adultery!

A Child's Guide To: Being Followers of Jesus

1 + 2 Peter | Reading Plan + Study Questions

1 + 2 Thessalonians | Reading Plan + Study Questions

Thrive: Discovering Joy in the Trenches of Military Life
