Nader tot GodSample

Lees: Psalm 19:11-12, Johannes 17:14-19
SOAP: Psalm 19:11-12
Hier vergelyk die psalmdigter God se woord met heuning. Hy sê dat dit meer genotvol is as selfs die soetste heuning! In Dawid se tyd was daar waarskynlik niks soeter as heuning nie, en dit was skaars genoeg om as ‘n luukse beskou te word. Voedsel is noodsaaklik, maar kan ook ‘n bron van groot vreugde wees. God se woord is nie net bedoel om ons siele te voed nie, maar ook te behaag.
God se woorde is heerliker as heuning en waardevoller as goud. Sedert Ou Testamentiese tye tot vandag toe is goud nog steeds een van die kosbaarste en waardevolste metale ter wêreld. 500 Gram suiwer goud is bykans R288 325 werd. En tog is God se woord nog meer waardevol vir ons siele.
Dankie God, dat U u woord vir ons gegee het. Dit is inderdaad waardevoller as enigiets op aarde en heerliker as die soetste lekkergoed. Help ons om te ontdek dat net U, en nie kos of aardse besittings nie, ons werklik kan bevredig. Help ons om u woorde te gehoorsaam en ‘n ryk beloning te ontvang. Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

The Boom Squad: Young Hero Training

The Cultivation of Consistency

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Go Into All the World

Thy Kingdom Come - Prayer Journal

HZY | BRP Week 1 - Introduction to Faith

EquipHer Vol. 24: "Who’s Economy Are You Working For?"

Cultivating a Satisfying Marriage: Leading, Serving, and Discipling Together

Find & Follow Jesus, Quarter 3
