Nader tot GodSample

Lees: Psalm 19:8-10, Matteus 24:35
SOAP: Matteus 24:35
In Matteus 24 beskryf Jesus die tekens van die eindtye. Hy praat oor komende hongersnode en aardbewings, oor lyding, vervolging en vals profete en sy koms op die wolke om sy mense bymekaar te maak. Hy benadruk die sekerheid van die tekens met hierdie woorde. Hy verklaar dat sy voorspellings net soveel gesag en ewigheidswaarde het as God se woorde!
Wat is ewig? Net God se woord en die siele van mense. Dit sal wys en die tyd werd wees om ons lewens in hierdie dinge te belê. Watter dinge in jou lewe eis jou tyd en talente, maar is net tydelik en verbygaande? Hoe kan jy jou lewe belê in die twee dinge wat vir ewig sal bestaan?
Here Jesus, dankie dat u woord ewig is. Help ons om ons lewens te belê in dinge wat werklik saak maak. Help ons om ons oë nie op sigbare dinge nie, maar op die onsigbare te vestig. Gee ons die nodige wysheid en krag om doelgerig te leef en om ‘n verskil in u ewige koninkryk te maak. Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

The Boom Squad: Young Hero Training

The Cultivation of Consistency

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Go Into All the World

Thy Kingdom Come - Prayer Journal

HZY | BRP Week 1 - Introduction to Faith

EquipHer Vol. 24: "Who’s Economy Are You Working For?"

Cultivating a Satisfying Marriage: Leading, Serving, and Discipling Together

Find & Follow Jesus, Quarter 3
