YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Perfek soos jy nou isSample

Perfek soos jy nou is

DAY 13 OF 14

# Meer tyd Daar sit ek toe een Sondagmiddag, met my finalejaarhandboek vir Verloskunde en Ginekologie voor my, ’n pen in die hand en my dierbare babaseuntjie wat borsvoed in my arm. Daar was so baie dinge waaraan ek gedink het: die eksamen, my langafstand-huwelik, die uitputting, die voorreg om my baba te kan borsvoed … En een gedagte het deur my kop gemaal: Kan daar nie meer ure in ’n dag wees nie? Die skuldgevoelens het swaar op my gelê. Ek het skuldig gevoel teenoor my seun omdat ek nie al my tyd aan hom kon gee nie. Ek het skuldig gevoel teenoor my man omdat ek hom nie kon ondersteun soos ek so graag sou wou nie. Ek het skuldig gevoel omdat ek nie so hard kon leer soos ek altyd het nie … Het jy al ooit so oorweldig gevoel? Skuldig oor die een ding wanneer jy met die ander ding besig is? Skuld is ’n emosie, en elke emosie word voorafgegaan deur ’n gedagte. Ons kan nie altyd ons ons emosies beheer nie, maar ons kan ons gedagtes beheer. ONTHOU: As ons eers geleer het om ons gedagtes te beheer, sal skuldgevoelens dit nie kan regkry om so baie van ons tyd te steel nie.

Scripture

Day 12Day 14

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy