YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Perfek soos jy nou isSample

Perfek soos jy nou is

DAY 11 OF 14

# Wat gee jou selfvertroue? Het jy al ooit regtig nagedink oor wat vir jou selfvertroue géé? Wanneer jy weet wat vir jou selfvertroue gee, kan jy besluit wat vir jou selfvertroue behóórt te gee. Ons selfvertroue word gewoonlik deur eksterne faktore beïnvloed: hoe ons lyk, hoe ander mense ons behandel, die komplimente wat ons ontvang, die fisieke doelwitte wat ons bereik … Wanneer ons ’n punt in ons lewe kan bereik waar ons selfvertroue binne-in ons ontstaan, sal ons lewe radikaal verander. Ons sal nie van ander mense afhanklik wees om goed te voel oor onsself nie. Ons sal in staat wees om innerlik selfvertroue te vind. Om te weet en te aanvaar hoe lief God ons het, wat Jesus vir ons gedoen het en doelgerig volgens sy wil te leef, is die heel beste manier om jou selfvertroue te bou. DINK ’N BIETJIE: Wat dink jy gee jou selfvertroue ’n hupstoot?
Day 10Day 12

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy