YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Perfek soos jy nou isSample

Perfek soos jy nou is

DAY 8 OF 14

# Die bron van selfvertroue Wat is die bron van jou selfvertroue? Is dit dalk jou voorkoms? Of hoe jy voel? Vir sommige mense gaan hulle selfvertroue hand aan hand met wat hulle bereik. Die meeste mense se selfvertroue is egter gegrond op wat ander mense van hulle dink. Ek plaas gereeld ’n foto van myself op sosiale media en lees ’n paar uur later die kommentaar. Die eerste tien mense sê gewoonlik iets positiefs. Terwyl ek dit lees, kan ek voel hoe my “selfvertroue”-meter styg. Maar skielik daal dit skerp wanneer ek ’n negatiewe opmerking lees. Die foto wat ek geplaas het, het nie verander nie. Dit is nog presies dieselfde foto wat so pas my selfvertroue ’n hupstoot gegee het. Wat het dan verander? My persepsie van wat ander mense van my dink, het verander – as gevolg van een negatiewe opmerking. Het dit al met jou gebeur? Moenie toelaat dat wat ander mense van jou dink jou selfvertroue beïnvloed nie. Jy is baie meer as jou selfie. Jou sukses word nie gemeet aan jou hoeveelheid Instagram-volgelinge of jou voorkoms nie. Hou op om jou onsekerheid te voed. Onthou: God oordeel nie volgens uiterlike voorkoms nie; Hy kyk na die hart (1 Sam. 16:7). Dit is die heel belangrikste.
Day 7Day 9

About this Plan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy