YouVersion Logo
Search Icon

Wees DapperSample

Wees Dapper

DAY 18 OF 43

Lees: 2 Korintiërs 9:6-8, Spreuke 19:17

SOAP: 2 Korintiërs 9:6-8

As vroue van God word ons geroep om mildelik te lewe. Soos die boer met net 'n paar sade, hoef ons nie veel te hê om vrygewig te wees nie. Al wat nodig is, is 'n hart wat bereid is om 'n goeie woord, 'n paar minute, ons talente en ons skatte te deel, maak nie saak hoe groot of klein nie. Ongeag wat ons het, is ons geroep om te gee. Ons vrygewige Hemelse Vader maak seker dat ons altyd meer as genoeg het. "Hande wat oop is om te gee, 'n kwistige uitdrukking van liefde en dankbaarheid, kan ons vertroue in God se voorsiening vir al sy mense toon." - Xochitl Dixon

Dapper vrygewigheid gee met 'n blymoedige hart, sonder onwilligheid, vol vertroue in God se voorsiening. Goedgunstigheid in die Koninkryk van God is elke keer 'n wen-wen situasie.

Here, dankie dat U vir ons die grootste voorbeeld van vrygewigheid getoon het toe U U seun Jesus gegee het. Dankie God, dat U aan ons voorsien, sodat ons aan ander kan gee soos U so getrou aan ons gee. Gee my 'n vrolike, gewillige hart. Leer my om met oop hande en vrygewig te leef en U dapper te vertrou. Amen.

About this Plan

Wees Dapper

Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees.

More