YouVersion Logo
Search Icon

Wees DapperSample

Wees Dapper

DAY 11 OF 43

Lees:   Hebreërs 4:9-10, Psalms 116:7, Jeremia 6:16

SOAP: Hebreërs 4:9-10

Het jy al ooit een van daardie dae gehad waar jy op een of ander manier wonderbaarlik geseënd was met ekstra minute, met niks dringend op die “doen-lysie” nie, en jy kon daardie tyd gebruik vir 'n middagslapie? Dit is waarlik bevredigend om jouself toestemming te kan gee om soos 'n kind, 'n middagslapie in die middel van die dag te neem.

Dit is dieselfde soort bevrediging in "God se rus", 'n spesiale, heilige rus. Dit is nie letterlik 'n middagslapie nie, maar 'n kalmte van die gees wat voortspruit uit die vertroue in God se soewereiniteit in jou lewe. Ons kan vreedsaam rus, wetende dat God alles onder beheer het.

My seun se gunsteling NBA-basketbalspan het hierdie seisoen 'n paar wedstryde gespeel sonder hul beste spelers in die eerste periode. Dit was ongewoon maar strategies. Die afrigter het die beste spelers uit die spel gehou, sodat hulle kon rus en later in die wedstryd sterker kon speel. Die beste spelers was in staat om te rus, met vertroue dat die ander spelers in die span goed sal speel, sodat hulle later sukses kan behaal. God doen dieselfde vir ons, en ons kan 'n spesiale rus ervaar as ons dapper genoeg is om Hom te vertrou.

Vader, dankie vir die spesiale rus wat U aan my bied. Dankie dat U die voorbeeld gestel het om te rus nadat U die wêreld geskep het. Help my om U leiding te volg en U rus te ervaar. U is oppermagtig en ek vertrou U. Amen.

About this Plan

Wees Dapper

Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees.

More