Blywende Hoopគំរូ

Blywende Hoop

ថ្ងៃទី 18 ក្នុងចំណោម 43 ថ្ងៃ

Sonder Verskuiwing

Lees: Kolossense 1:9–29

SOAP: Kolossense 1:21–23

Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan al die mense op die aarde verkondig is en waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.

Oordenking

In sy brief aan die gemeente in Kolosse het Paulus ons vorige toestand verduidelik: sondeskuld en leef in duisternis, vreemdelinge en vyande van God. Maar toe is ons deur Christus met God versoen, heilig en onberispelik voor Hom gemaak. Ons kan op hierdie waarheid hoop!

Dit kan maklik wees om ons hoop te verskuif na iets wat ons kan sien, iets wat seker of vinnig of gemaklik lyk. Maar ware hoop gaan nie oor wat ons kan sien nie. Ware hoop is gebaseer op wat ons nie kan sien nie. Dit gaan daaroor om te glo dat God sal doen wat goed is en dat Hy die regte uitkoms sal bewerkstellig.

Hoop gaan nie oor spoed nie. Trouens, hoe langer ons vir iets moet wag, hoe meer vreugde vind ons wanneer dit uiteindelik vervul word. Ja, wag is nie maklik nie. Ons word dikwels moedeloos of oorweldig met twyfel as ons nie vinnig die uitkoms sien wat ons verlang nie. Maar hoop is die vertroue om op God te wag wanneer ons nie die toekoms kan sien nie. Ons kan God vra om ons vertroue te gee, selfs wanneer die wag lank is.

Geloof gaan daaroor om aan te hou glo in God wanneer ons Hom nie kan sien nie. Ons bly getrou wanneer ons weier om ons hoop te verskuif van wat waar is na wat maklik is.

Kyk na Paulus se beskrywing van Jesus in Kolossense 1. Hy is waar. Hy is werklik. En Hy is bo alle dinge. Hy het reeds die werk gedoen om ons te verlos. Nou kan ons Hom glo en vreugde vind terwyl ons hoop op sy wederkoms. Ons veg daagliks teen die leuens en vrese en twyfel wat ons van die waarheid wegdraai. God verander nooit. Sy beloftes verander nooit. Wat Hy belowe het om te doen, sal Hy doen. Terwyl ons wag, kan ons getrou bly aan Hom deur nie ons hoop weg te skuif van sy beloftes nie.

Wanneer ons die volheid verstaan van wat Christus vir ons gedoen het deur ons te regverdig en uit die duisternis te bring, ontvang ons die volle vreugde om ons hoop op Hom te plaas. Hy is ons fondament, die basis waarop al ons hoop gevestig is. Kom ons bly standvastig, verskuif nie ons hoop na minder belangrike dinge nie, maar onthou altyd wat Hy vir ons gedoen het.

អត្ថបទគម្ពីរ

អំពី​គម្រោងអាន​នេះ

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

More