Blywende Hoopគំរូ

Die Volheid van die Belofte
Lees: Hebreërs 11:13–16
SOAP: Hebreërs 11:16
Maar hulle het na ‘n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle ‘n stad gereed gemaak.
Oordenking
Hebreërs 11 beskryf baie van God se mense se geloof. God het vir hulle ongelooflike beloftes gegee en vir hulle vertel hoe Hy beplan het om hulle en hul gesinne in die toekoms te seën. God het ongelooflike dinge vir en deur sy mense gedoen en Hy het al sy beloftes aan hulle nagekom. God se mense het in geloof gewandel en gelewe omdat hulle geglo het dat God se belofte groter is as hulle omstandighede.
Alhoewel God se volk in geloof gelewe het, het baie van hulle gesterf sonder om te ontvang wat beloof is. God se voornemens en beloftes is altyd vir die ewigheid, en ons kan nie die volheid van hierdie beloftes op hierdie aarde sien nie. Maar ons moet God vra vir dieselfde geloof as hierdie heiliges, om seker te wees van wat hulle nie kon sien nie, maar vol vertroue dat God altyd besig was om sy beloftes na te kom. God se mense het geweet hulle hoop sou nie ten volle in hierdie wêreld verwesenlik word nie, maar wel in die toekomstige een.
God hou baie van ons geloof. Wanneer ons harte op Hom en sy beloftes gevestig is, wys ons Hom ons geloof. Hy weet wat ons in die gesig staar en Hy wil hê ons moet Hom vertrou en ons harte gevestig hou op sy beloftes, maak nie saak wat nie.
Ons het die uiteindelike belofte om na uit te sien — Christus se wederkoms en ewigheid saam met Hom. Ons kan al ons hoop in hierdie belofte plaas. Maar, terwyl ons wag, is ons ook bereid om sy ander beloftes te glo? Soos dié van sy voorsiening, sorg, teenwoordigheid, beskerming, krag en gewilligheid om ons die begeertes van ons harte te gee?
As Hy bereid is om vir ons die grootste en beste gawe te gee, sal Hy nie ook vir ons hierdie dinge gee nie? Hoop in sy wederkoms is die beginpunt vir al ons hoop. Want al sien ons dalk nie al sy beloftes tot vervulling kom in hierdie leeftyd nie, kan ons aansluit by geslagte van God se mense wat uitsien na hulle hemelse tuiste en die vervulling van al sy beloftes.
អត្ថបទគម្ពីរ
អំពីគម្រោងអាននេះ

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More