Spreuke – eenjaarleesplanគំរូ

Spreuke kontrasteer waarheid (ʾĕmet) en valsheid (mirmâ) in ’n regsomgewing: “’n Betroubare getuie red lewens. Hy wat leuens versprei, is vals.” ’n Onkreukbare, eerlike getuie is goud werd wanneer jy valslik aangekla word. Iemand wat bereid is om leuens “uit te blaas” (letterlik in die Hebreeus) vir jou saak, kan egter net sowel teen jou draai, want leuens besoedel jou hele menswees. Jy raak vals. Trouens, jy is vals, sê Spreuke. Soos Derek Kidner opmerk: "'n Man wat die feite vir jou sal snoei, sal dit net so maklik teen jou besnoei; en 'n loopbaan of 'n lewe hang dalk van 'n enkele woord af."
អត្ថបទគម្ពីរ
អំពីគម្រោងអាននេះ

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More