Spreuke – eenjaarleesplanគំរូ

Vers 12 stel eers die algemene waarheid dat ’n onvervulde hoop jou hart siek kan maak, en ’n vervulde wens jou lewensvreugde sal gee. Dit is soos ’n boom van lewe. Die volgende twee verse, 13 en 14, kontrasteer iemand wat hom steur aan die woorde, gebooie en onderrig van die Here, sowel as wyse mense, en iemand wat dit nie doen nie. Vir albei is daar gevolge. Die een wat geleer kan word, sal goeie vrugte dra. Die een wat nie geleer kan word nie, sal dit ontgeld in die strikke van die dood. McKane sê in sy kommentaar op Spreuke, die dood word hier soos ’n jagter geskets, wat diegene wat die Woord verwerp, in sy valstrik vang, en wegdra na die doderyk.
អត្ថបទគម្ពីរ
អំពីគម្រោងអាននេះ

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More