Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 28 VAN 30

Niks is so verlammend soos ontnugtering nie. Ons verkies fiksie- en feëverhale wat oor onsself gaan, bo die besef van wat ons eintlik in God se oë is. In die geestelike lewe hou ontnugtering gewoonlik verband met ons verhouding met ander mense. Vir Esegiël het die ontnugtering gekom in verband met die volk se lewe en God: die volk het begin besef dat God nie is wat hulle tevergeefs gehoop het Hy is nie.



Hoe ons reageer wanneer ons voor dinge te staan kom, bewys of ons ontnugter is of nie; vertrou ons op ons eie vernuf of aanbid ons God? As ons op ons eie vernuf vertrou, sal God dieselfde les moet herhaal totdat ons die les geleer het. Wanneer ons geloof nie in God, en in Hom alleen is nie, is daar nog iewers ‘n illusie.



Oordenkingsvrae: Is my hoop in wie God is of in wie ek wil hê Hy moet wees? Watter illusies verkies ek bo die werklikheid?



Aanhalings uit: "Notes on Ezekiel" en "The Place of Help", © Discovery House Uitgewers
Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid