Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 27 VAN 30

In ontelbare lewens is daar geen redelike hoop nie, dit is dus nodeloos om vir so iemand te sê: “wees vrolik”. Vir hulle is die lewe een helse donkerte in die heel ergste graad. Die een wat op so ‘n tyd vir iemand so preek, is vermetel, maar die een wat sê: “Ek weet nie hoekom jy hierdeur gaan nie, dit is donker en jy is desperaat, maar ek sal saam met jou wag,” is ‘n onuitspreeklike seëning en steun. Job het niemand gehad om dit vir hom te doen nie, want sy vriende het net tot sy bitterheid bygedra.

Wanhoop lê vlak onder alles wat die mens doen wanneer hy sy verhouding met God buite rekening laat en rasionele denke die basis van sy lewe maak. Salomo som die hele saak so op — tensy die mens in 'n regte vertrouensverhouding met God staan, sal alles wat hy probeer doen in wanhoop eindig.

Oordenkingsvrae: Bring my gesprekke met ander meestal hoop of hopeloosheid? Op watter manier kan ek hoop aan iemand in wanhoop bied?

Aanhalings uit" "Baffled to Fight Better" en "Still Higher for His Highest", © Discovery House Uitgewers

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org