Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 18 VAN 30

Dit maak nie saak wat God aan jou geopenbaar het nie, daar sal 'n behoefte bestaan na die fisiese dinge — God openbaar aan jou dat Hy sal voorsien, dan voorsien Hy niks en jy begin besef dat daar ‘n hongersnood is, van kos, van klere, of geld, en jou logika sê: “Verwerp jou geloof in God.” Doen dit op jou eie risiko. Kyk waarvandaan die behoefte kom; as dit kort op die hakke is van ‘n tyd waarin jy jou stille vertroue in God geplaas het, bedank Hom dan daarvoor.



Geloof is nie ‘n bedinging met God nie — Ek sal U vertrou as U aan my geld gee, maar as U dit nie doen nie, vertrou ek U nie. Ons moet God vertrou of Hy nou vir ons geld stuur of nie, of Hy vir ons gesondheid gee of nie. Ons moet geloof in God hê, nie in wat Hy vir ons skenk nie. Kom ons wandel met God en wees perfek, jy in jou omstandighede en ek in myne.



Oordenkingsvrae: Wat gebeur met my hoop as God nie vir my gee wat ek wil hê nie? Waarheen gaan ek vir hulp as ek nie by God kry wat ek wil hê nie?



Aanhalings uit: "Our Portrait in Genesis" en "Not Knowing Where", © Discovery House Publishers
Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid