Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 2 Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

DAG 7 VAN 7

Ester 


Wie is jy? 



Of dit geslag, etniese agtergrond, beroep of huwelikstatus is, is ons geneig om onsself op grond hiervan te etiketteer.



As gevolg van my kulturele agtergrond, het ek as vrou geworstel.  Ek is grootgemaak met die idee dat mans beter is, my meerdere is, en daarom is net hulle begaafd genoeg om deur God gebruik te kan word. Alhoewel ek die roeping gevoel het om ander te ondersteun en te bemoedig, was dit as onvanpas geag omdat ek 'n vrou is. Ek was verward, kwaad en gegrief. Wie ek is, was nie goed genoeg nie en ek het nie geweet wat om te doen nie.



Toe onthou ek van Ester, 'n jong Joodse vrou, wat in 'n land gewoon het waar haar etniese groep die minderheid was.  Sonder om te weet dat sy 'n Jodin is, het die koning haar gekies om sy vrou te word.  Na 'n tydsverloop vind koningin Ester uit van die koninklike adviseur se komplot om haar mense uit te roei.  Ek kan net dink hoe bang en bekommerd sy moes gewees het.  Wat kon sy tog daaraan doen?  



Alhoewel Ester huiwerig was (en wie sou nie wees nie?), het sy 'n besluit geneem.  Sy het nie toegelaat dat etikette haar definieer nie.  Ester het geweet haar ware identiteit was as 'n kind van God.  Toegerus met moed, wysheid en integriteit, het Ester die koning genader en kon sy intree vir haar mense en uiteindelik is haar volk gered!



Jou agtergrond verhinder nie jou toekoms met God nie.  Al wat God verlang is 'n gewillige hart om te kan gebruik.



Ek het die moed bymekaargeskraap om my stryd met my pastoor te deel. Tot my verbasing het hy besluit om my mentor te word. Hy het my die vaardighede geleer hoe om met passie en doelgerigtheid te kan praat en skryf.  Ek sal altyd dankbaar wees dat my pastoor my identiteit as KIND VAN GOD gesien het.  Wat ek ontdek het, is dat daar vreugde en vryheid is om getrou te wees aan God se roeping vir jou lewe. 



“Om te verstaan dat jy die geliefde van God is, verander jou hele uitkyk op die lewe.”   (Shannon Kubiak Primicerio)



~Joyce


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid