Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 2 Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

DAG 4 VAN 7

Die weduwees 


Voel jy ooit dat die woord ONMOONTLIK oor jou omstandighede geskryf is?


Ek stel my voor dit is hoe beide die weduwees saam met Elia en Elisa gevoel het.  Hulle was gelukkig getroud met baie hoop en drome vir die toekoms, maar elkeen bevind hulself nou in 'n posisie van eensaamheid, armoede en desperaatheid. 


Tog was daar van elkeen vereis om 'n geloofsprong te neem.  Elia het die weduwee gevra om haar laaste bietjie meel en olie te gebruik om vir hom 'n maaltyd te maak.  Eintlik het sy beplan om dit te gebruik as die laaste maaltyd vir haar en haar seun voor hulle van honger sterf.  Die weduwee wat vir Elisa om hulp genader het, is opdrag gegee om by haar bure kruike te gaan leen.  Dit het waarskynlik net bygedra tot haar vernedering by die skuldeisers wat gedreig het om haar seuns oor haar skuld weg te neem.  


Het ek genoem dat hulle albei arm was en moed verloor het? Wat ons egter van beide hierdie weduwees lees, is dat hulle bereid was om hierdie profete se instruksies te vertrou en te gehoorsaam.  Gevolglik het hul haglike situasies van onmoontlik na MOONTLIK verander.  Elke weduwee het 'n wonderwerk beleef wat haar van armoede na oorvloed geneem het!


As 'n eerstejaarstudent het ek gevoel hoe God my tot 'n profesie roep wat my familie nie goedgekeur het nie.  Ek het hul wense gerespekteer en my drome met hartseer laat vaar.  Die vooruitsig om die loopbaan te volg waarna ek gesmag het, het onmoontlik gelyk.  Een semester later het die Heilige Gees my aangespoor om 'n geloofsprong te neem en my gemaksone te verlaat.  Deur verby my vrees te kyk, het ek God vertrou om my die moed te gee en ek het aansoek gedoen by die universiteit van my drome. Na 'n suksesvolle onderhoud is ek aanvaar.  Toe ek my familie vertel het, was hulle teleurgesteld, maar het tot hierdie verandering ingestem.  Wat ek voorheen gedink het net 'n droom sou bly, het 'n werklikheid geword!


God ken ons en Hy ken ook elke behoefte van ons.  Hy is in staat om volgens sy rykdom in heerlikheid te voorsien, maar is ons bereid om vroue van buitengewone geloof te wees? Vertrou ons God om deur sy krag te lewe? Ek bid dat jy vandag uitgedaag word om in God te glo vir die wonderwerk wat jy begeer en dat jy die moed sal hê om met geloof en vrymoedigheid te doen waarvoor Hy jou aanspoor.  


~Joyce


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid