Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 2 Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

DAG 1 VAN 7

Potifar se Vrou


Een van die beste aanhalings in die rolprent, “Spiderman”, was Oom Ben se raad aan Peter Parker: “Met groot mag kom groot verantwoordelikheid”.   



Daardie raad is vir elkeen van ons gepas. Ons het elkeen ons eie “supervermoëns”, ontvang. Of dit nou in die kombuis is, die grootmaak van ons kinders, 'n maat vir ons gade, of in die werksplek. Ons is geskape om 'n invloed te hê.  Die vraag is: hoe gebruik ons daardie invloed?    



Dit is 'n algemene tema van die vroue in die Ou Testament, insluitend Abigajil en Ester.  Maar hierdie verhaal bied 'n ander perspektief.  



Daar is 'n vrou in die Bybel wat haar invloed verkeerdelik aangewend het.  Dit is 'n hartseer verhaal, maar ons kan 'n paar lesse daaruit leer.  Sy was die vrou van Potifar, die kaptein van die wagte in Egipte.  'n Belangrike rol nie waar nie?  Sy het toegang tot weelde, eiendom, die nuutste modes en status gehad.  Tog het sy nie toegang tot Josef gehad nie, 'n mooi geboude en aantreklike man, wat toesig gehou het oor haar huis.  Potifar het Josef met die hele huishouding vertrou, en Potifar se vrou het dit geweet.  



Sy wou die een ding hê wat sy nie kon kry nie.  Die Bybel sê “dag na dag”, het Potifar se vrou knaend vir Josef probeer verlei en dag vir dag het Josef haar afgewys.  Hy was nie geïntimideer deur haar status of posisie nie. Hy het sy morele waardes behou. 



Uiteindelik verkla sy vir Josef by Potifar en vertel 'n leuen dat hy haar aangerand het.  Onmiddellik word Josef as gevolg van hierdie aanklag in die tronk gegooi.  Soos ons later sal uitvind het Josef se posisie in die tronk verbeter en is hy later vrygelaat. God gebruik hom mettertyd om Israel te red van 'n verskriklike hongersnood.  Miskien het Potifar se vrou gevoel dat sy vir Josef op sy plek gesit het toe hy in die tronk gegooi is, maar Josef was uiteindelik die oorwinnaar.



Dink net watter groot dinge Potifar se vrou kon bereik het as sy net haar invloed verantwoordelik gebruik het!  Hoe gebruik jy vandag jou invloed? Staan 'n rukkie af om jou woorde, houding en optrede te ondersoek.  Vra God om jou te wys of jy jou posisie van invloed gebruik om 'n positiewe impak op die mense om jou te maak.  



~Betsy


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid