Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 2 Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

DAG 5 VAN 7

Gomer


Die Ou Testamentiese boek Hosea is geskryf tydens 'n tyd van algemene voorspoed maar geestelike armoede. Die mense was in afgodery gedompel.  Watter deel van “Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie” het die Israeliete nie verstaan ​​nie? Hulle het dit net nooit gesnap nie.



Oor en oor het God deur sy profete aan sy volk oorgedra hoe lief Hy hulle het, hoe bedroef Hy was oor hulle aanbidding van ander gode, en as hulle net na Hom terugkeer sou Hy Hom na hulle wend. Maar hulle harte het hard gebly.



Daarom het die Here sy profeet, Hosea, gevra om deel te neem aan 'n lewensles. Hy vra van Hosea die volgende: “Gaan trou met 'n prostituut.” Hosea het God gehoorsaam. Hy het Gomer as sy vrou gekies. Sommige geleerdes glo dat Gomer 'n voormalige prostituut was wat nie juis afgetree het nie.



Op hierdie stadium, as ek Hosea was, dink ek sou ek oorweeg het om van beroep te verander.



Na hulle drie kinders gehad het, besluit Gomer om na haar ou lewenstyl terug te keer.



God vra dan vir Hosea om haar te gaan soek en terug te neem: “Gaan knoop weer 'n liefdesverhouding aan met 'n vrou wat vir ander mans lief is en egbreuk pleeg."



Op daardie stadium weet ek dat ek van beroep sou verander het. Maar Hosea gehoorsaam steeds vir God.



Hosea het die strate ingevaar op soek na sy vrou. Ek wonder of hy by elke hoek gebewe het ... bang vir wat op hom wag. Die Bybel sê hy het haar uiteindelik gekry, die vrou wat hom nie net verlaat het nie, maar ook hul drie kinders in die steek gelaat het.



Hy het haar toe vir vyftien sikkels silwer en een en honderd kilogram gars teruggekoop.



Hosea het gekoop wat reeds syne was.



Die naam Hosea beteken redding. Hosea is 'n beeld van God. Ek en jy stel Gomer voor.



Ek weet nie eens naastenby wat God vir my gedoen het om my te agtervolg nie. Deur hoeveel strate moes Hy loop? Om hoeveel hoeke moes Hy gaan? Tog het Hy. In my sonde het Hy my gekoop teen 'n prys wat baie meer werd was as vyftien sikkels silwer en 'n bietjie gars. Hy het my gekoop met die bloed van sy Seun, Jesus Christus.



Miskien het jy gewonder of jy al te ver weggedwaal het, God se lyn oorgesteek het, of te veel gedoen het vir ons Verlosser om jou te kan liefhê.  Ek kan jou verseker jy het nie.



Soos Hosea vir Gomer liefgehad het, hoeveel te meer het ons God vir jou en my lief!



~ Binu


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid