Leesplan inligting

Een Woord Wat Jou Lewe Sal VeranderVoorbeeld

One Word That Will Change Your Life

DAG 3 VAN 4

Die "EEN WOORD" Proses


 


Begin
Ondanks al die ophef, hou ons baie daarvan dat Nuwejaar 'n geleentheid is om van vooraf te begin. Ons gaan uiteindelik daardie 10 kg verloor, elke dag Bybelstudie doen, meer speletjies wen, harder oefen, meer gereeld bid, meer tyd saam met ons gesinne deurbring, skuld afbetaal, beter punte in ons studies behaal en ons spanmaats en vriende van Jesus vertel. Die werklikheid is egter dat daardie lang lys van voornemens selde tot uitvoering kom.


'n Oplossing vir hierdie probleem is om nie 'n lys te maak nie, maar net een woord vir die jaar te kies. Dit is makliker.


Kom ons kyk hoe dit in die praktyk gedoen word. Hier is die stappe wat jy kan gebruik om jou "EEN WOORD"-tema te ontdek. Die proses is moontlik tydsaam, maar dit is die moeite werd. Of jy 'n atleet, 'n afrigter, 'n ouer of leier in die sakewêreld is, hierdie proses kan 'n deurbraak in elke faset van jou lewe bring.


Die "EEN WOORD"-proses het drie basiese stappe – Kyk in jou hart, Kyk na bo en Kyk na buite.



Stap 1 – Berei Jou Hart Voor (Kyk in jou hart) – Maak tyd in jou besige program en kom weg van die wêreld se geraas. Dit kan moeilik wees om alleentyd en stilte te vind, maar dit is noodsaaklik dat jy God se stem sal hoor. Laat God toe om jou hart te ondersoek. Hy sal alles vir jou duidelik maak.


 


Stap 2 – Ontdek Jou Woord (Kyk na bo) – Tydens hierdie stap moet ons op God konsentreer en luister wat Hy sê. Maak tyd vir gebed — jou gesprek met God — dit is die beginpunt. Vra vir Hom: Wat wil U hierdie jaar in my en deur my doen? Hierdie vraag sal jou help om die woord te ontdek wat vir jou bedoel is. Moenie net self 'n goeie woord kies nie, ontvang 'n woord van God af.


 

 


Stap 3 – Leef Jou Woord Uit (Kyk na buite) – Wanneer jy jou woord gekry het, is dit tyd om dit uit te leef. Jou woord sal 'n invloed hê op alle areas van jou lewe: fisiek, geestelik, emosioneel, in jou verhoudinge en ook finansieel. Bly gefokus op jou een woord. Vertel vir jou vriende en familie van jou woord vir die jaar. Skryf dit in jou dagboek. Plak dit op jou yskas. Praat daaroor as jy en jou gesin saam eet. Doen wat nodig is om daarop te bly fokus.


 

 


Ons bid dat jy hierdie jaar deurbrake sal beleef en dat jy jou een woord sal gebruik om eer aan God te bring!



Kom ons begin

1. Wat sê God nou vir jou oor jou "EEN WOORD"-tema?

2. Bid ernstig en vra God om met jou te praat.

3. Gaan deur die drie stappe en laat God toe om die woord wat vir jou bedoel is aan jou te openbaar.


Bybelstudie

Psalm 27:4; Psalm 84, Psalm 139


 


Gebed

Here, ek bid om 'n deurbraak in hierdie jaar. Gebruik hierdie "EEN WOORD"-tema om eer aan U te bring. Gebruik hierdie proses om my te laat groei. Openbaar die waarheid aan my. Verduidelik dit in eenvoudige taal vir my. Praat Here, u dienaar/dienares luister. In die Naam van Jesus. Amen.


 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

One Word That Will Change Your Life

"EEN WOORD" help jou om jou lewe te vereenvoudig deur vir 'n hele jaar lank net op een woord te fokus. Die eenvoud van die woord wat God vir jou gee, is 'n motivering wat help om jou lewe te verander. 'n Warboel van ding...

More

Baie dankie aan Jon Gordon, Dan Britton, en Jimmy Page wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.getoneword.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid