Leesplan inligting

Een Woord Wat Jou Lewe Sal VeranderVoorbeeld

One Word That Will Change Your Life

DAG 1 VAN 4

Die Krag van Een Woord


 


Nuwejaarsvoornemens werk nie!


Vyftig persent van mense wat voornemens vir die nuwe jaar maak, los dit teen die einde van Januarie en nege uit die 10 hou slegs tot Maart daarmee vol! In plaas daarvan om voornemens te maak, kry net een woord vir die hele jaar ... maar wees gewaarsku! Dit mag jou verander.


As jy soos ons is wat dinge afgehandel wil kry, het jy teen die begin van die jaar al jou doelwitte vir die nuwe jaar vasgestel. Ons het egter later gefrustreerd begin voel as ons nie ons doelwitte bereik of ons ambisieuse planne tot uitvoer kon bring nie. Ons het te veel probeer doen en as gevolg daarvan het ons min dinge goed gedoen.


In 1999 het ons begin om die eenvoudige "EEN WOORD"-tema vir die jaar wat voorlê te ontwikkel. Dis reg — een woord. Nie 'n frase of 'n stelling nie, net een enkele woord. Deur net op een woord te fokus het ons jaar na jaar aangrypende lewensveranderde tye beleef. Wanneer jy jou een woord vir die jaar ontdek, gee dit jou helderheid, passie en 'n doel om voor te lewe.


Die "EEN WOORD"-aktiwiteit bring eenvoud en fokus. Dit help ons om gefokus te bly op die dinge wat saak maak. Dit het ons in alle areas uitgedaag: geestelik, fisiek, in ons gedagtewêreld, emosioneel, in verhoudings en finansieel. God het ons deur middel van hierdie aktiwiteit verander. God hou baie daarvan as mense se lewens ten goede verander.


Daar is 'n rede hoekom ons sê: “Kry een woord vir die hele jaar … maar wees gewaarsku.” Sodra jy jou woord ontdek, gaan die stryd begin. 'n Proses van onderrig, ontwikkeling, verfyning en vorming gaan begin. God gaan jou woord gebruik as 'n lig en 'n spieël — dit sal jou pad verlig en dinge openbaar wat moet verander. Dit help jou op jou reis van hoogte- en laagtepunte en is so ontwerp om jou die mens te maak wat jy bedoel is om te wees.


Uit ondervinding het ons geleer dat God baie gou sy planne aangaande jou "EEN WOORD" vir die jaar bekendmaak. Daardie woord (of dit nou 'n beginsel is, 'n vrug van die Gees, 'n karaktereienskap of 'n kenmerk van God), sal jou vir die res van die jaar bybly! Kom ontdek jou "EEN WOORD" vir die jaar en deel dit met ander mense! Dit mag dalk net jou lewe verander!


Hier gaan ons:


1. Wat het God die afgelope jaar vir jou gesê?

2. Watter gedeelte van jou lewe wil God beheer en tot sy eer gebruik?

3. Hoe wil God jou posisioneer vir die komende jaar?


Bybelstudiee

Psalm 27:1-14; Lukas 18:22; Markus 10:21


Gebed


Liewe Heer, ek vra dat U die jaar sal gebruik om my lewe te verander. Openbaar Uself aan my terwyl U my wys wat my "EEN WOORD"-tema gaan wees. Vul my met u Heilige Gees. Ek besef dat dit 'n reis gaan wees waarin ek baie gaan leer en nie net 'n taak afhandel nie. Versterk my elke dag en help my om die een woord uit te leef. In die Naam van Jesus. Amen.



Wil jy die "EEN WOORD"-aksieplan in die hande hê? Laai dit gratis af by GetOneWord.com


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

One Word That Will Change Your Life

"EEN WOORD" help jou om jou lewe te vereenvoudig deur vir 'n hele jaar lank net op een woord te fokus. Die eenvoud van die woord wat God vir jou gee, is 'n motivering wat help om jou lewe te verander. 'n Warboel van ding...

More

Baie dankie aan Jon Gordon, Dan Britton, en Jimmy Page wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.getoneword.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid